top of page
file_00000000e2ec720c8c1ad2dc4c919cdb.png

NI-CA BOEKE


​Christelike Joernale & Bybelstudies

​Skryf. Groei. Wandel saam met God.

​Journals available in Afrikaans and English 

My Storie

Hallo, ek is Monica — ’n dogter van God, ʼn skrywer, en die hart agter NiCa-Boeke. Ek woon in ’n klein dorpie naby die Krugerwildtuin, waar my liefde vir God se Woord en kreatiewe bediening oor die jare al hoe dieper gegroei het. Van kleins af het ek geweet die Here roep my om nader aan Hom te leef, maar diep binne my hart het ek altyd gevoel daar is nóg meer wat ek vir Sy Koninkryk kan doen.

In ’n tyd van gebed het ek die Here gevra om my te wys hoe ek Hom méér kan eer en mense nader aan Sy hart kan lei. Dit was daar waar Hy die visie vir NiCa-Boeke in my hart geplant het — nie net om boeke te skryf nie, maar om hulpmiddels te skep wat mense help om God se Woord op ’n persoonlike, eenvoudige en lewensveranderende manier te beleef.

Wat begin het as my eie stille tyd-metodes en Bybelstudies, het stadig gegroei in iets veel groter. Vandag ontwikkel ek Bybelboek-oorsigte, studies oor Bybelkarakters, die gelykenisse van Jesus, joernale, gebedsboeke en geloofsgebaseerde hulpmiddels wat mense help om die Bybel beter te verstaan én nader aan God te groei.

My hart agter elke boek is eenvoudig: ek wil hê mense moet voel dat die Bybel nie ver en ingewikkeld is nie, maar lewendig, persoonlik en relevant vir vandag se lewe. Ek glo dat selfs ’n paar minute saam met God se Woord ’n mens se hele lewe kan verander.

NiCa-Boeke is daarom nie net ’n besigheid vir my nie — dit is ’n bediening. Elke studie, joernaal en boek word met gebed, liefde en ’n diep passie vir dissipelskap saamgestel, met die hoop dat dit iemand sal help om weer die vreugde van tyd saam met God te ontdek.

Mag elke bladsy jou nie net inspireer nie, maar jou ook herinner dat God steeds vandag met gewone mense buitengewone dinge doen.

About
​Journals available in Afrikaans & English 
My Books
Anchor 1
bottom of page